Dit is die begin van die einde! Word deel van die rewolusie en infiltreer die strate van Pretoria saam met MK. Op Vrydag, 23 Maart word die wenners van die 2012 MK Awards by 'n eksklusiewe rockster seremonie aangekondig. Op Saterdag, 24 Maart vier ons die geleentheid met 'n hengse opskop. Die amptelike MK Awards 2012 After Party gaan Arcade Empire in Pretoria skud. Die hekke maak om 15:00 oop. Kry jou kaartjies deur Ticketbreak vir R100, of koop dit op die dag vir R150. Skuur skouers met van jou gunsteling genomineerde groepe. Jy kan saam rock op die deuntjies van: Die Heuwels Fantasties Mr Cat And The Jackal Bittereinder Shadowclub Gazelle Jack Parow Sleep jou vriende nader, kry jou kaartjies en sorg dat jy op 24 Maart by Arcade Empire aanmeld vir die amptelike MK Awards 2012 After Party! Die MK Awards 2012 After Party word met trots geborg deur: Hyundai, Red Heart, en Vodacom. Gaan na MKtv.co.za vir meer inligting.